Loading...

Byeenkomste

Meer inligting oor die program en die byeenkoms ...

Leraarstoerusting - mpa I

Kortliks die volgende besonderhede, indien jy meer inligting nodig het skakel gerus die mpa kantoor by 012 997 8002 of stuur ‘n epos na mpa@moreleta.co.za.

Jy kan ook die aanlynvorm onder KONTAK invul wat outomaties na mpa gestuur word.

Op dag 1 begin ons om 9:00 met Registrasie en die program begin amptelik om 9:30. Dit duur elke aand tot ten minste 21:00 – daarom voorsien ons aandete en ons beveel aan dat u oorslaap. Alle etes word deur ons voorsien, indien nodig kan ons ook probeer help met vervoer en verblyf wat deur ons vrywilligers verskaf word. Asb. as u verblyf benodig, kan ons daarmee deurdat ons gemeentelede hul huise oopstel en as gashere en gasvroue vir ons optree tydens hierdie geleentheid. Sou u verkies om eerder in ‘n gastehuis te bly kan ek ook daardie inligting vir u aanstuur vir u eie reëlings. Op dag 2 en 3 begin ons om 8:00 en die program maak die 3e dag om 16:00 klaar.

Leraars gades

Toepaslike sessies sal gesamentlik bygewoon word, terwyl ander sessies vir u gade alleen sal wees om hulle te bedien en ook ’n bietjie te bederf. Maandag begin met die eggenote by die SPA waar hulle lekker saam kuier en gesels oor hul roeping, die woestyntye in hul lewens en die hoe eise van die gemeente. Vir die volgende twee dae woon die eggenote met tye afsonderlike lesing by wat op hul rol gefokus is.

Hiermee kortliks die inligting oor die sprekers:

Ds. Dirkie van der Spuy

Leier van die NG Moreletapark Gemeente sedert 1988 en tans Uitvoerende Direkteur van die Moreletapark Assosiasie (mpa), Ds. Dirkie van der Spuy gesels oor sy ondervinding as leraar en leier en deel sy kennis en ervaring van die werking van die Heilige Gees en noodsaaklikheid van die leiding van die Gees vir groei en vernuwing in ‘n gemeente, en so meer.

Jannie de Villiers

Voorsitter van die mpa en gemeentelid sedert 1986. Met sy betrokkenheid in die kerk leierskap van 1988 tot 2007 fokus Jannie hoofsaaklik op strategiese beplanning en implementering. Jannie is tans die Uitvoerende Hoofbestuurder van Graan SA en as direkteur en trustee in verskeie maatskappye en trusts. Hy deel sy kennis en ervaring en gesels oor Leierskap, en ‘n Leier se woestynpad.

Adv. Richard Chinner

As advokaat werk Richard tans by die Nasionale Vervolgingsgesag van Suid-Afrika en dien in die Bate Beslagleggings Eenheid. Hy dien as direkteur van mpa en het ‘n passie om met sy gawes en talente ander te inspireer in dissipelskap en geestelike groei. Richard deel praktiese wenke vir die bediening van leraars en geestelike leiers.

Die program behels onderwerpe wat onder andere die volgende insluit:

  • Hoe lyk my gemeente
  • Leierskap en Roeping
  • Anti-burnout solutions
  • ‘n Leier se Woestynpad
  • Vergifnis en Vryspraak
  • Rol van ‘n leier
  • Rol van die HG
  • Inspirasie vir ‘n leier – Balanseer jou lewe
  • Besoek aan MPG Kleingroep
  • Gebed saam met gebedsvriende
Gemeenteleiers opvolg

’n Samekoms vir jou gemeentelike leiers om ook vir hulle te begelei tot groter samewerking, toewyding en leraar ondersteuning. Nooi asseblief jou kerkraadslede en ander belangrike rolspelers spesiaal uit en gee hulle inligting vir ons deur. Getalle vir hierdie byeenkoms is onbeperk.

Bywoning vir hulle sal ook gratis wees. Leraars wat hierdie geleentheid bywoon verdien 3 VBO punte.

Voorlopig is die Saterdag program van 8h00 – 16h00 maar mag moontlik verleng word namate die program hersien word.