Loading...

Byeenkomste

Meer inligting oor die program en die byeenkoms ...

Sinodale mpa – Oostelike Sinode Predikante versorging 26,27 Aug

Kortliks die volgende besonderhede, indien jy meer inligting nodig het skakel gerus die mpa kantoor by 012 997 8002 of stuur ‘n epos na mpa@moreleta.co.za.

Jy kan ook die aanlynvorm onder KONTAK invul wat outomaties na mpa gestuur word.

Sprekers:

Ds. Dirkie van der Spy, Ds. Coenie Burger, Ds. Gerrie Doyer, Adv. Richard Chinner

Program:

Ons begin Dinsdag 26 Augustus om 9:30 met Registrasie en die program begin amptelik om 10:00. Dit program duur tot 20:00 Dinsdagaand en ons versoek asb. dat u vooraf reëlings tref indien hierdie ‘n probleem sou wees. Dinsdagmiddag om en by 14:00 sal die program klaarmaak en almal vertrek.

Bywoning, Etes, Vervoer, Verblyf:

Bywoning is gratis, 15 VBO punte vir voltooiing van geleentheid.

Alle etes word deur ons voorsien, indien nodig kan ons ook probeer help met vervoer en verblyf wat deur ons vrywilligers verskaf word.

Sommige van het aangedui vir hulp van bogenoemde ons sal met u in kontak wees hieroor maar wees gerus dat alle reëlings in plek sal wees vir u koms.

Indien u hulp benodig met verblyf en u is nie gemaklik om by vrywilligers oor te bly nie laat weet asb. die kantoor wat moontlik kan help met alternatiewe reëlings.